Versending en aflewering
Laas opgedateer · 2026-08-05
Waar ons lewer, wat dit kos, en hoe lank dit vat.
Waarheen
Oral in Suid-Afrika. Ons stuur nie tans oorsee nie.
Koste
'n Vaste fooi per bestelling, gratis oor 'n sekere bedrag. Die presiese bedrag word by die betaalblad gewys voor jy betaal — dit is die enigste getal wat tel.
Hoe lank
Ons brand eers nadat jy bestel het, so daar is 'n dag of wat voor dit die koerier haal. Hoofsentrums is die vinnigste; plase en buitegebiede vat langer.
Jy kry 'n spoornommer sodra dit die deur uit is.
As iets verkeerd loop
Beskadigde pakkie, verkeerde sak, niks opgedaag nie — skryf aan [email protected] en ons maak dit reg. Ons stuur nie 'n vorm nie.