Spring na inhoud
EN

NOG Koffie

Oor ons

NOG Koffie is in Stellenbosch gebore — tussen die berge en die wingerde, waar ’n goeie oomblik nie gejaag word nie.

Wat beteken NOG

NOG (bywoord)

Meer.

Maar ook soveel meer as dit.

Dis nog ’n koppie wanneer niemand haastig is nie.

Nog ’n storie wat vertel móét word.

Nog ’n oomblik om die vuur.

Nog ’n kilometer op ’n grondpad.

Nog ’n sonsopkoms.

En daai gevoel wanneer iemand vra:

“Wil jy nog ’n koffie hê?”

…en jy weet die kuier is nog nie verby nie.

Ons koffie

Jy is nou hier… nou soek jy nog.

Ontdek ons koffie