Spring na inhoud
EN

Laas opgedateer · 2026-09-23

Privaatheidsbeleid

Hierdie beleid verduidelik watter persoonlike inligting NOG Koffie versamel, hoekom, en wat jy daaromtrent kan doen. Dit is geskryf om die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) na te kom.

Wie ons is

Die verantwoordelike party is NOG HUIS (PTY) LTD, registrasienommer 2026/719597/07, 97 Boden Weg, Jatniel, 1509. Vir enige vraag oor jou inligting, skryf aan [email protected] of WhatsApp ons by +27 79 873 3964.

Wat ons versamel

As jy bestel: jou naam, e-pos, afleweringsadres en telefoonnommer. Dit word op ons eie webwerf gestoor, en PayFast hanteer die betaling.

As jy op die nuusbrief inteken: net jou e-posadres.

As jy vir ons skryf: wat jy ook al in daardie boodskap sit.

Ons sien nooit jou kaartbesonderhede nie. Betalings gaan direk deur PayFast se betaalblad.

Hoekom ons dit het

Om jou bestelling te pak en te stuur, om met jou daaroor te praat, en om die wet se rekordhouvereistes na te kom. Nuusbrief-inligting word net gebruik om die nuusbrief te stuur.

Met wie ons dit deel

PayFast (betalings), die koerierdiens wat jou pakkie aflewer, en niemand anders nie. Ons verkoop nie jou inligting nie en ons ruil dit nie.

Hoe lank ons dit hou

Bestellingsrekords word gehou so lank as wat belasting- en verbruikerswetgewing vereis. Nuusbrief-inskrywings word gehou tot jy uitteken.

Jou regte

Jy kan vra om te sien wat ons van jou het, dit laat regstel, of dit laat uitvee waar ons dit nie wettig moet hou nie. Skryf aan [email protected] of WhatsApp ons by +27 74 949 1999 en ons doen dit.

As jy meen ons het jou inligting verkeerd hanteer, kan jy by die Inligtingsreguleerder kla.

Koekies en nasporing

Die webwerf stel geen nasporingskoekies nie. Jou mandjie word in jou eie blaaier onthou, nie in 'n koekie nie.

Sodra 'n advertensie-pixel bygevoeg word, moet hierdie afdeling dieselfde dag verander. 'n Pixel wat hier nie genoem word nie, is 'n oortreding.