Privaatheidsbeleid
Laas opgedateer · 2026-08-05
Hierdie beleid verduidelik watter persoonlike inligting NOG Koffie versamel, hoekom, en wat jy daaromtrent kan doen. Dit is geskryf om die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) na te kom.
Wie ons is
Die verantwoordelike party is [Geregistreerde naam], registrasienommer [nommer], [adres]. Vir enige vraag oor jou inligting, skryf aan [email protected].
Wat ons versamel
As jy bestel: jou naam, e-pos, afleweringsadres en telefoonnommer. Dit word deur Shopify verwerk, wat ons winkel en betalings hanteer.
As jy op die nuusbrief inteken: net jou e-posadres.
As jy vir ons skryf: wat jy ook al in daardie boodskap sit.
Ons sien nooit jou kaartbesonderhede nie. Betalings gaan direk deur Shopify se betaalblad na die betalingsverskaffer toe.
Hoekom ons dit het
Om jou bestelling te pak en te stuur, om met jou daaroor te praat, en om die wet se rekordhouvereistes na te kom. Nuusbrief-inligting word net gebruik om die nuusbrief te stuur.
Met wie ons dit deel
Shopify (winkel en betalings), die koerierdiens wat jou pakkie aflewer, en niemand anders nie. Ons verkoop nie jou inligting nie en ons ruil dit nie.
Hoe lank ons dit hou
Bestellingsrekords word gehou so lank as wat belasting- en verbruikerswetgewing vereis. Nuusbrief-inskrywings word gehou tot jy uitteken.
Jou regte
Jy kan vra om te sien wat ons van jou het, dit laat regstel, of dit laat uitvee waar ons dit nie wettig moet hou nie. Skryf aan [email protected] en ons doen dit.
As jy meen ons het jou inligting verkeerd hanteer, kan jy by die Inligtingsreguleerder kla.
Koekies en nasporing
Die webwerf self stel geen nasporingskoekies nie. Shopify stel 'n koekie wat jou mandjie onthou — sonder dit werk 'n mandjie nie.
Sodra 'n advertensie-pixel bygevoeg word, moet hierdie afdeling dieselfde dag verander. 'n Pixel wat hier nie genoem word nie, is 'n oortreding.